Hoe en waar?

Hoe en waar om jou Braaipal in te span

  • Braai soos 'n kampioen met jou Braaipal in jou binnebraai of jou buitebraai.
  • Plaas jou Braaipal binne-in die ou staatmaker, die halwe petroldrom, en siedaar!
  • Neem 'n 9kg gasbottel wat in sy lengte deurgesny is, en verkieslik op sy eie pote staan, en plaas jou Braaipal bo-oor sodat die heel onderste rakkies van die Braaipal op die rand van die gasbottel rus.
  • Gebruik 'n ou motorwiel (nie die band nie!) en laat rus jou Braaipal bo-op die wiel, of bo-oor die wiel, afhangende van die grootte van die wiel wat jy beskikbaar het.
  • Enige karavaanpark wat sy sout werd is, sal 'n oop braaiplekkie, uit stene of blokke gebou, tot sy besoekers se beskikking hê.Die Braaipal® word net eenvoudig binne-in die braaiplek geplaas en die Kaap is weer Hollands!
  • As jy dalk op toer is in Namibië, plaas jou Braaipal® eenvoudig op die sand, gebruik jou kolebak vir 'n houtskool- of brikettevuur, of maak sommer 'n ordentlike egte houtvuur en geniet die groot stilte van die oer-oue woestyn.
Braaipal-foto
Braaipal-foto
Braaipal-foto